Senwes Grainlink

Die Senwes Graan toepassing (App) is spesifiek ontwikkel om relevante graanmarkinligting te alle tye toeganklik te maak vir alle rolspelers in die Suid-Afrikaanse mark. Hierdie inligting sluit daaglikse markinligting vir graan en oliesade, finansiële nuus, asook plaaslike en Internasionale weer- en reënval-kaarte in. Lewendige JSE (SAFEX) pryse vir Witmielies, Geelmielies, VSA Corn, Sonneblom, Sojabone, Koring en Sorghum met eenvoudige, dog sinvolle prysgrafieke word teen geen koste beskikbaar gestel. Internasionale indeks-pryse vir Corn, Wheat en Soya, asook die mees relevante wisselkoerssyfers stel jou in staat om die verandering in hierdie waardes sedert die vorige marksluiting te beoordeel.
Senwes Graan toepassing – Hou jou vinger op die pols van die graanmark!